Bible

Connect

With Your Congregation Like Never Before

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Chronicles 3

:
Afrikaans - AFR20
1 Salomo het toe begin om die huis van die Here in Jerusalem te bou, op die berg Moria, waar die Here aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek van Dawid wat hy gereedgemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
2 Hy het begin bou op die tweede dag van die tweede maand in die vierde jaar van sy regering.
3 Dit was Salomo se grondplan vir die bou van die huis van God: Gemeet in el volgens die ou mate, was die lengte sestig el, en die breedte twintig el.
4 Die portaal wat aan die voorkant oor die volle breedte van die •tempel gestrek het, was twintig el breed en twintig el hoog. Salomo het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek.
5 Die groot vertrek het hy binne met sipreshout bedek, en dit toe met goud van hoë gehalte oorgetrek. Hy het palmette en kettingversierings daarop aangebring.
6 Hy het in die vertrek edelstene ingelê as versiering. Die goud was goud van Parwajim.
7 Hy het die vertrek dit is die balke, die drumpels, sy mure en deure met goud oorgetrek en gerubs teen die mure gegraveer.
8 Hy het ook die allerheiligste vertrek ingerig. Die lengte daarvan, oor die breedte van die tempel, was twintig el en sy breedte twintig el. Hy het dit binne met seshonderd kikkar goud van hoë gehalte bedek.
9 Die gewig van die spykers was vyftig sikkel goud. Die bovertrekke het hy ook binne met goud bedek.
10 Vir die allerheiligste vertrek het hy twee gerubs van gietwerk gemaak en hulle met goud oorgetrek.
11 Wat die vlerke van die gerubs betref: Die lengte daarvan was altesaam twintig el. Die een gerub se vlerk was vyf el lank, en dit het aan die een muur van die vertrek geraak. Die ander vlerk was vyf el lank, en dit het aan die vlerk van die ander gerub geraak.
12 Die ander gerub se vlerk was ook vyf el lank, en het aan die ander muur van die vertrek geraak. Die ander vlerk was ook vyf el lank, en dit het gestrek tot teen die vlerk van die ander gerub.
13 Oopgesprei, was die vlerke van hierdie gerubs twintig el lank. Hulle het op hulle voete gestaan met hulle gesigte na die groot vertrek.
14 Salomo het die voorhangsel gemaak van pers, karmosynrooi en purperrooi materiaal en fyn linne. Hy het gerubs daarop aangebring.
15 Hy het voor die tempel twee pilare gemaak, vyf-en-dertig el hoog, elk met 'n kapiteel van vyf el op die bopunt daarvan.
16 Hy het kettings gemaak soos 'n halssnoer en dit om die bopunt van die pilare gesit. Hy het honderd granate gemaak en dit aan die kettings vasgeheg.
17 Hy het die pilare aan die voorkant van die hoofvertrek opgerig, een aan die regterkant en een aan die linkerkant. Die een aan die regterkant het hy Jagin genoem, en die een aan die linkerkant Boas.